In Afrikaans

Omtrent Ons

Taxation Australia Afrikaans Oor die laaste twintig jaar het menigte Wes-Australiers ons genader vir hulp en advies met hul belasting, rekeningkundige en besigheidsake.

Prouse Family Accountants spesialiseer daarin om families en klein besighede by te staan deur die voorsiening van belasting, besigheid, belegging, finansiering, versekering, immigrasie en pensioen dienste.

Ons is ‘n familie gebaseerde besigheid. Professionele kennis, ondervinding en duidelike kommunikasie met ons kliente is die sleutel tot ons suksesvolle besigheidsverhoudings. Ons kan met kliente in Afrikaans praat met verduidelikings en beantwoording van vrae in eenvoudige taal met maksimum detail. Ons beantwoord foonoproepe en e-pos vinnig en ons doen ons bes om diens te lewer teen ‘n redelike fooi.

Ons kliente vind ons gemaklik en ontspanne, want ons verstaan hul behoeftes.

Dienste

Ons voltooi belastingopgawes vir individue, vennootskappe, trusts, maatskappye en privaat pensioenfondse en help ook baie klein besigheidskliente met hul boekhouding, finansies, beleggings, versekering, kontantvloei, finansiele state, pensioen en ander besigheidsbehoeftes.

Ons kliente bestaan uit families met verskillende omstandighede, agtergronde, kulture en beroepe. Ons het ook wye kennis en ondervinding om nuwe immigrante by te staan en te adviseer met die Australiese inkomstebelasting en verkoopsbelasting (“GST”) stelsels.

Ons kan maatskappye, trusts, vennootskappe en privaat pensioenfondse stig en hulp verleen met die jaarlikse statutere vereistes. Ons is ook geregistreerde ouditeure vir privaat pensioenfondse. Ons ondersteun die MYOB, Quickbooks en Cash Flow Manager rekeningkundige programme.

Ons besigheidsure is van Maandag tot Saterdag en waar nodig kan ons ook kliente aan huis of op kantoor besoek om mobiele belasting opgawes te voltooi. In 2007 het ons meer as 3000 mobiele belasting opgawes in 225 verskillende Perth voorstede voltooi.

Personeel

Ons vennote en personeel is lede van die National Tax & Accountants Association, die Tax Institute of Australia, die Chartered Accountants of South Africa (in samewerking met Institute of Chartered Accountants Australia) en die Australian Securities & Investment Commision.

Carel van der Merwe. Prouse Family Accountants Carel van der Merwe

Carel is die besturende vennoot in die Joondalup (Perth) kantoor. Hy het ‘n Honneurs B. Rekeningkunde graad verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch, is ‘n lid van die SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (in samewerking met die CA Instituut van Australia), ‘n lid van die National Tax & Accountants Association en ‘n geregistreerde ouditeur van privaat pensioenfondse.

Carel het 20 jaar besigheidsondervinding as eienaar van besighede in Suid Afrika en was ook finansiele direkteur van Suid-Afrikaanse genoteerde vervaardigingsmaatskappye met belange in Europa, Engeland, VSA en Asia.

Carel bied kliente ‘n verskeidenheid van spesialiskennis, insluitend advies aangaande belasting en beplanning, finansiele bestuur, besigheidstrukture, algemene besigheidsbestuur, boedelbeplanning, finansiering, versekering, besigheidswaardasies en immigrasie belastingsake.

Kontak Ons

Kantooradres: 5/140 Grand Boulevard, Joondalup, Perth, Wes-Australie

Posadres: PO Box 415, Joondalup DC WA 6919

Telefoon: +61 8 9400 8400 Faks: +61 8 9301 5511

Australia E-pos: joondalup@prouse.com.au

No related posts.